Ons het ontmoet deurdat ons saam in dieselfde Wetenskap klas was. "Na die eerste week van klas het Brendan my sitplek gesteel wat ek baie spesifiek uitgekies het vir sy voordele. Dit het die begin van 'n "love-hate" verhouding begin: die een love dit om die ander een sleg te sê, terwyl die ander haat om dit te ontvang"
"Ek was nooit gretig vir groot sosiale events nie, maar het besluit dat ek matriek wou groot gaan. Natuurlik moes dit die persoon wees wat my op daai stadium redelik verpes het. Ek het haar op 'n "Amazing Race" gestuur wat begin het by 'n briefie en 'n locker, en geëindig het met ons wat reëls breek by 'n atletiekbyeenkoms, waar ek haar valentynsbal toe gevra het. Natuurlik het sy ja gesê, en die was ons eerste "date".
"Op hierdie dag het Brendan 'n dag gemaak waar ons saam botaniese tuine toe was, die dag saam spandeer het, en dit geëindig het met 'n gedig wat hy vir my geskryf het, waar die eerste 14 letters van 'n sonnet uitgespel het:"Will you be mine?. Hoe sê mense tog nee vir die volgende Shakespeare?"
Nadat dinge tussen ons in matriek so goed gegaan het, was ons opsoek na 'n nuwe uitdaging om saam aan te pak, so wat beter as om 1400km uitmekaar te trek? Brendan het vir sy mediese graad in Stellenbosch gaan studeer, terwyl Claudia haar rekenkunde graad in Potchefstroom gaan behaal. Alhoewel dit 'n groot aanpassing vir ons was en 'n groot uitdaging (soos wat ons verwag het), en die "goodbyes" nooit makliker geraak het nie, het daar tog 'n paar goeie dinge hieruit gekom: ons het meesters in Skype geword, kan kommentaar lewer op elke lugredery, en ons het 'n suksesvolle langafstand verhouding gebou om van oor te vertel. Die afstand het ons wel nie teruggehou van lekker tye saam hê nie. Ons het die kans gehad om die Kaap te verken, saam met vakansies te gaan, met ons vriende en familie te kuier, en steeds herinneringe te maak ten spyte van die maande uitmekaar.
Wat is tog beter vir 'n girl as juwele, of beter, 'n 'promise ring'? Ons het hierdie ringe begin dra as 'n herinnering van wat was, wat is, en wat nog voorlê. Dit was vir ons 'n simbool van hoop en motivering vir die moeilike tye terwyl ons uitmekaar was
Na lank se gesukkel, harde werk, en baie aande van laat studeer, is ons uiteindelik na 5 jaar 9 maande en 21 dae weer verenig (maar wie tel nou regtig?). Alhoewel daar baie moeilikhede oor ons pad gekom het oor hierdie tydperk, en dit vir ons waarskynlik van die uitdagendste tye in ons albei se lewens was vir 'n lang ruk, was dit uiteindelik verby, en ons kon saam begin bou aan ons toekoms wat voorlê. Claudia het haar klerkskap in Pretoria begin, en Brendan sy internskap in Tembisa. Die tyd uitmekaar het werklik ons albei geleer hoe om op ons eie te funksioneer, maar ook hoe om mekaar te waardeer en lief te hê ten spyte van die moeilikhede. Ons kon 'n sterk band bou wat op ons eie storie en geskiedenis gebasseer was, met die wete dat ons deur 'n baie uitdagende tydperk sterker kon uitkom.
Wat begin het as 'n doodgewone naweek wat ons op die plaas wou spandeer, het vinnig uitgedraai as nog 'n 'Amazing Race' na waar al die groot mylpale in ons verhouding plaasgevind het. Ons verhouding het met 'n gedig begin en daarom sou dit net sin maak om die volgende stap in ons lewe ook met een te begin. By die plek van elke mylpaal het Brendan 'n brief met 'n leidraad gelos' en in al die leidrade vir die Amazing Race, was daar weer 'n boodskap versteek in die eerste letters. "SAL JY MET MY TROU?"
Terwyl Claudia op 'n jagtog was om al die briefies te kry, het Brendan 'n gazebo opgestel met 'n kombers waarop daar 'n hele paar van ons foto's van al ons beste herinneringe en oomblik opgeplak was. Dit was vir ons net nog 'n onvergeetlike oomblik, wat vir ons die perfekte begin aan ons volgende hoofstuk was.