Daar is akkommodasie op die venue beskikbaar, maar let wel dat hierdie akkommodasie nie geboek kan word vir net 1 aand nie. D.w.s, indien ‘n eenheid bv R1000 kos vir die naweek vir die 2 aande, maar jy wil net 1 aand oorslaap, moet jy steeds die volle bedrag betaal. Hierdie bedrag is ook “fixed” en word nie minder as jy bv net 2 mense is in ‘n 4-persoon eenheid nie. ‘n Klein fooi van R250pp word ook gevra om addisionele mense in te pas bo die kapasiteit (net van toepassing op sommige eenhede)
Daar is ‘n paar akkommodasie opsies naby aan Steynshoop beskikbaar vir gebruik. Ons stel wel voor dat indien jy daarvan gebruik wil maak, dat jy vroeg soek en bespreek.
Akkommodasie se pryse op die venue sluit kos in vir die braai vir die Vrydagaand, ontbyt vir Saterdag, die etes in die onthaal, sowel as ‘n ontbyt die Sondagoggend.
Enige sedan of hatchback is genoeg om die venue te bereik, alhoewel laer karre mag dalk bietjie sukkel.
Sodra jy op die grondpad is, sal daar bordjies wees by elke vurk/draai om te wys waar die venue is.
Omdat die geleentheid oor die hele naweek plaasvind, mag mense wat op die perseel bly beslis hul eie kos/drinkgoed bring. Hierdie kos/drinkgoed word toegelaat tydens enige ander geleentheid tydens die naweek. Daar word wel geen addisionele kos/drinkgoed toegelaat tydens die seremonie of onthaal nie.
Die presiese tyd vir die seremonie is nog nie vasgestel nie, maar sal later bekend gemaak word.
Die seremonie sal gestream en opgeneem word vir die wat van die huis af kyk. ‘n Video sal ook na die tyd beskikbaar gestel word
Die braai op die Vrydagaand is ‘n geleentheid vir almal wat die troue bywoon om die aand voor die tyd bymekaar te kom, te kuier, en saam te geniet voor die groot dag. Die braai vind plaas by die Steynshoop Mountain Lodge hoër op in die berg.
Die venue verskaf alle hout, spyseniering en stoele vir die aand. Hul berei ook vir ons pap, souse en slaaie voor. Daar word van elke persoon dus net gevra om hulle eie drinkgoed en vleis saam te bring.
Vir die persone wat nie akkommodasie op die venue bespreek het nie, word daar R85.00 per persoon gevra. Hierdie geld betaal als wat die venue vir ons die aand verskaf. Vir die persone wat akkommodasie wel bespreek het, sal die braai se bedrag ingesluit wees in die akkommodasie se tariewe.
In hierdie geval sal jou bedrag aan jou terugbetaal word.